ANDILE 

TRONK TOE MET JOU!

“We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way” - Andile Mngxitama  

TLU SA (Landbou-Unie) is van mening dat die regering, elke geval van rassehaat met dieselfde dringendheid en afkeer moet hanteer. Soos in die Vicky Momberg saak waar tronkstraf toegedien is, of die Penny Sparrow aangeleentheid, moet die Suid-Afrikaanse regering teen Black First Land First en hul haat-aanjaende populistiese leier Andile Mngxitama, daadwerklik optree en hom verantwoordbaar hou.

Ons benodig JOU STEUN om te verseker dat rassehaat en die wat dit aanblaas, veral teen minderhede, gestop word. Help ons om Andile Mngxitama en sy rassehaat in sy spore stuit. 

Deur jou naam te voeg ondersteun jy TLU SA se standpunt teen rassehaat en stuur ook ‘n outomatiese e-pos aan die President van Suid-Afrika, Minister van Polisie, Nasionale Kommissaris van Polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om onmiddellik teen BLF en sy leier Andile op te tree, te arresteer en die maksimum toelaatbare vonnis vir aanhitsing tot geweld en rassehaat op te lê.

Sulke uitsprake kan lei tot moontlike gewelddadige plaasmoorde.

 

 

Vul jou besonderhede hier in en stuur jou epos. Maak jou STEM tel:

Om die algemene publiek aan te maan tot die uitwissing en pleging van gruweldade teenoor ‘n minderheidsgroep is teen internasionale humanitêre beleid en mag nie geduld word nie. Ons roep daarom die Suid-Afrikaanse Regering hiermee tot onmiddellike optrede teen BLF en Andile. Ons eis tronkstraf!

Contact information: (012) 804-8031 /  dienste@tlu.co.za

www.tlu.co.za

*Met die invul van u besonderhede hierbo stem u daartoe in dat, TLU SA u telefonies mag kontak. TLU SA bewaar en beskerm alle persoonlike data. ImpactNOW 'n vennoot van TLU SA mag moontlik met u in verbinding tree om aan u, TLU SA se standpunt te verduidelik en lidmaatskap opsies en voordele aan u beskikbaar te stel. Dankie vir u ondersteuning met hierdie belangrike saak.